top of page

Noem my Schalkie!

Jong Schalkie Van Wyk

Alles wat Schalkie Van Wyk ooit geskryf of geskep het, het uit die diepste liefde en 'n groot geloof in haar Hemelse Vader voortgespruit. Dis wie sy was - en dis hoe die mense wat haar lief het, haar ook onthou:as “onse Schalkie”.

 

Louié Schalkie van Wyk – of soos ons almal haar ken, "net Schalkie" – is op 24 Oktober 1940 in Bloemfontein gebore. Haar pa was Engels, haar ma Duits, maar sy het haar ma tragies, op vyf jarigeouderdom, verloor. Dit was eintlik haar liewe stiefma, wat haar later Afrikaans leer praat het. Sy het haarskooldae op Vredefort in die Vrystaat deurgebring en daarna 'n B.A. -graad in tale aan die Universiteit van Pretoria behaal.

 

Schalkie se skryfkoors het vroeg begin! Sy het haar eerste storie geskryf toe sy agt jaar oud was en op sestien, verskyn haar allereerste kleuterrubriek in die gewilde tydskrif, Patrys.

Dis dan geen wonder dat sy op een-en-twintig aangestel is as redaktrise van daardie selfde tydskrif!

 

Haar eerste roman, Die Liefde Oorwin, sien die lig in 1977 en toe kon niks haar stop nie!

Sowat 300 boeke het daarna uit haar pen gevloei. Onthou jy nog titels soos Vlakte van Verlore Drome (1984), Alleen in die Wind (1990), of Beminde Vreemdeling (2011)? Dis moeilik om ń gunstelling te kies!


Schalkie het ook vervolgverhale vir tydskrifte geskryf (soos Die Laksman Wag vir Keur) en selfs spannings radioverhale, soos Voetspore van Gister, wat op Radio Suid-Afrika uitgesaai is. In 1997 was haar boek, Arende Vlieg Alleen, op die kortlys vir die gesogte, Ela Spence-medalje, vir liefdesverhale. As Louie Heine het sy selfs 'n Engelse boek, Old Soldiers Never Cry, geskryf. Alles saam praat ons van honderde boeke, twaalf vervolgverhale en vier meesleurende kinderalbums. Wie kan van Krinkel Kabouter, Gorrasluk en Donkadoef vergeet? Sy het selfs tienderverhale, soos Vicky, Vicky die SpeurderDie Towervuurtjie en Blikaspaai en Masels 

met doeltreffendheid en kinderlike verbeelding tot lewe gebring.

'n Regte lewenskunstenaar en een in ń miljoen - onse Schalkie!

Shalkie Van Wyk 'n hond
bottom of page