top of page

Ons Geliefde
Schalkie Van Wyk
Die hart en siel agter al daardie pragtige liefdesverhale en jeugboeke.
Hierdie webblad is opgedra aan die onselfsugtige liefde, vriendskap en toewyding wat Schalkie se naaste vriende oor baie dekades aan haar gegee het, tot sy haar laaste asem uitgeblaas het. Aan Janno en Stef Müller, en die hele Müller-familie—julle goedheid en volgehoue ondersteuning, veral wanneer dit die nodigste was, sal altyd onthou word.
Maandlikse Gunstelling
Zandri was sewe jaar lank weg van Wyedraai, waar sy as kind salige vakansies by haar grootoom op sy perdeplaas deurgebring het. Die dorpie gons nou behoorlik: Hier kom sy aangery in ’n gekrokte viertrekvoertuig, en ’n gesiene familie van die dorp het haar in Londen, waar sy die afgelope jare gebly het, aangetref met ’n kind . . . háár kind, buite die eg, het sy kwansuis vir hulle gesê. Ou vriende kyk haar nou met afkeer aan en Ferdinand, haar tienerliefde, het baie verander. Maar dis niks, sy is lankal oor hom. En tog . . . waarom is haar lewe skynbaar verstrengel met syne? Kan sy hoop om mee te ding met die vrou uit sy verlede, die een wat volgens sy tant Ragie sy hart gebreek het en hom vir ander vroue ruïneer het? En wat tog van die kind?

.png)
HANDELSWARE
Resensies
bottom of page
























